RSG Bekbasaar: Agter Die Tunes - Nuut op die radar (Skeur)
S1E18: Dis raar dat ‘n nuwe opkomende kunstenaar elke aspek van hulle musiek self sal aanpak. Tia van der Berg, of Skeur, het besluit sy sal elke deel van haar musiekloopbaan self behartig – van die lirieke, produksie en vrystelling tot musiekvideo’s. Barrie Ferreira gesels met haar oor hoekom sy besluit het om hierdie roete te volg. Sy vertel hoe sy met selfvertroue as kunstenaar gesukkel het, en hoe sy graag musiek wil vrystel wat eg is aan haar, en nie wat enigiemand anders wil hê nie. Sy deel ook hoekom haar kat erkenning kry as bydraer tot een van haar liedjies.
