Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Bekbasaar: Agter Die Tunes – PR in die musiekbedryf met Liny Kruger

RSG Bekbasaar: Agter Die Tunes - PR in die musiekbedryf met Liny Kruger

Kategorie: Agter die tunes2026-06-19

S1E19: Openbare betrekkinge speel ‘n belangrike rol in alle bedrywe, meer nog in die musiekbedryf. Nie té lank terug nie, was dit die rol van PR-agente om die profiel van ‘n kunstenaar te bestuur, maar met sosiale media stel musikante hulleself baie meer bloot. Liny Kruger, ‘n PR-praktisyn met 25 jaar se ondervinding in die musiekbedryf, vertel hoe haar rol verander het. Is die mistiek van ‘n kunstenaar nou iets van die verlede? Is dit so dat ‘n musikant ‘n alles-of-niks mentaliteit moet hê? Met name soos Fokofpolisiekar, Mango Groove, Die Heuwels Fantasties en Janie Bay op haar CV, deel Liny hoe sy die musiekbedryf tans beleef.