Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie – Episode S2/E08

RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie - Episode S2/E08

Kategorie: Trou is nie perdekoop nie2026-03-24

Wat is die geheime bestanddeel van ’n sprokiestroue, wat mense vir jare sal laat gons? Ingrid Johnson, die funksiebestuurder by die ikoniese Babylonstoren, en Constance Stuurman, tuin- en blomkunstenaar, verklap hoe hulle drome bewaarheid, maar altyd met ’n onverwagse kinkel. Behalwe die trou-towerkuns, verken ons die 16-jarige reis van hierdie Bolandse juweel. Van die geskiedkundige prag van die 1800-hoofhuis by Soetmansvlei en die eksklusiewe Chianina-vleis, tot die bekende Babel- en Glaskas-restaurante. Dis ’n inspirerende kykie agter die skerms van plaasvars luuksheid wat jy móét sien.