Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Help: Bewusmaking van geweld teen vroue en kinders

RSG Help: Bewusmaking van geweld teen vroue en kinders

Kategorie: Spitstyd2026-09-15

Arbeidsterapeut Riekie Stroebel gesels met Willem Pelser oor die bewusmaking van geweld teen vroue en kinders. Haar betrokkenheid het in 2007 ‘begin’ ná die ontvoering en moord op Sheldene Human. Riekie het nou ’n inisiatief begin wat daarop fokus om kinders reeds op skoolvlak oor geweld, toestemming en veilige gedrag op te voed. Die eerste groter projek vind op 19 Oktober 2026 by skole in Eersterust plaas. Die doel is om kinders die kennis en selfvertroue te gee om onvanpaste of gewelddadige gedrag te herken, daaroor te praat en hulp te vra wanneer iets in hul eie lewe of huis gebeur.