RSG Help Plus: Joe Dryer van Mosselbaai
Joe Dryer is ‘n 63-jarige getroude man van Mosselbaai. Hy is reeds vir etlike maande werkloos, en leef tans in baie moeilike omstandighede. Joe en sy vrou sukkel om genoeg kos op die tafel te sit, en daar is ongelukkig baie beperkte voedselhulp in Mosselbaai beskikbaar. Joe verkeer ook in ‘n ernstige behuisingskrisis. Binne enkele dae moet die kamer waarin hulle woon, ontruim word nadat ‘n prokureur ‘n uitsettingsbevel op hulle beteken het. “Daarom rig ons hierdie nederige versoek aan u. Indien u weet van enige persoon, organisasie of instelling wat ons met kos, tydelike verblyf of regsadvies kan bystaan, sal ons opreg dankbaar wees indien u ons in die regte rigting kan wys.” 072-096-8879
