Skrywers en boeke 25 Maart 2026
Ilse Salzwedel gesels met Louis Jansen Van Vuuren oor BILTONG EN DIOR, sy nuwe bundel vertellings oor die lewe in Frankryk. SD Fourie, skrywer van DIE REIS, vertel meer oor die storie agter hierdie verhaal. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld, vertel Johan Myburg meer oor die topverkoperskrywer Colleen Hoover, en ‘n boek wat die Iranse vroueskrywer Shahrnush Parsipur vir vier jaar en sewe maande in die tronk laat beland het. Jy kan ook meer uitvind oor die langlys van die Carol Shields-prys.
