Trump dreig en vloek oor Seestraat van Hormoes
In ‘n sosiale media-uitbarsting vol vloekwoorde en dreigmente, het die Amerikaanse president, Donald Trump, gedreig dat “alle hel” op Iran sal neerdaal indien die belangrike Seestraat van Hormoes nie oopgestel word nie. Dis nie die eerste keer wat Trump Iran se regime dreig nie. Intussen is ‘n Amerikaanse vegvlieënier deur Amerika en Israel gered ná ‘n uitgebreide soektog in Iran. Die vegvliegtuig is deur Iran afgeskiet. Om oor die jongste in hierdie oorlog te praat, sluit dr. Heinrich Matthee, direkteur van die Stigting Pionier Instituut in Nederland, by ons aan. Hy ontleed Iran al dekades lank.
