Van der Walts vier 300 jaar in SA
Die Van der Walt-familie vier aanstaande jaar 300 jaar sedert hulle enigste stamvader in 1727 in Suid-Afrika aangekom het. Hulle beplan ‘n groot makietie, en gaan poog om ‘n nuwe wêreldrekord op te stel. Die Van der Walt Bond het vir Rina Oosthuizen aangestel om die fees te organiseer.
