Vers en klank: Verwagting, geboorte en die eerste jare
24 November 2026: Luister na Sophia van Taak se keuse van gedigte oor die verwagting, geboorte en eerste jare van ’n dogtertjie. Van die wonder van nuwe lewe wat deur klein handjies ontdek word, tot die groot liefde wat ’n mens in jouself vir só ’n kleinding voel. Cintaine Schutte lees dié gedigte met besondere deernis – én met ’n dogtertjie op pad in haar eie lewe!