Skip to content

POTGOOISNITTE

Wat het jy in jou hand 25 Mei 2025

Wat het jy in jou hand 25 Mei 2025

Kategorie: Wat het jy in jou hand2025-05-25

Huis Jabes is ‘n veilige huis wat skuiling bied aan vroue en kinders wat slagoffers van huishoudelike geweld is. Hier ontvang hulle nie net fisieke veiligheid nie, maar ook emosionele ondersteuning, berading en geleenthede om weer op hulle voete te kom. Onder die leiding van Adri Klindt, ‘n toegewyde en passievolle vrou met ‘n hart vir genesing en herstel, speel Huis Jabes ‘n belangrike rol in die lewe van vroue wat weer hoop en waardigheid wil vind.