RESEPTE
Louisa se beskuit
Stephan van der Walt
.
Bestanddele
1 kg meel
1 koppie suiker
1½ koppies semels
1½ teelepel sout
5 teelepels bakpoeier
1 koppie rosyntjies
1 koppie sade
8 Weet-Bix-blokkies
250 g botter of margarien
1 koppie olie
250 ml melk
2 eiers
Metode
Voeg al die bestanddele bymekaar en knie dit deur.
Voeg die beslag in ’n oondpan.
Bak vir 30 – 45 minute teen 180 grade.
Laat dit droog word vir sowat 3 ure met die oond op 70 grade.
Sny dit in blokkies.
Wag tot dit heeltemal droog is, en geniet.