RESEPTE
Ronalda se viskoekies
Bestanddele
Kapokaartappels
5 - 6 aartappels
Aromat
botter
melk
Viskoekies
1 blikkie sardyne, sous afgegooi en grate uitgehaal
1 klein ui, fyngekap
2 eiers
sout en peper na smaak
Weetbix of Nutrific, fyngemaak, of 1 lepel meel (opsioneel)
Speserye (opsioneel)
Smoor
1 uie, fyn opgesny
2 tamaties, fyn opgesny
olie
1 lepel knoffel
sout en peper
Metode
Kapokaartappels
Kook die aartappels met klein bietjie sout.
Ná sowat 20 minute wanneer die aartappels sag is, maak dit fyn, en voeg Aromat, botter en melk by.
Viskoekies
Plaas meel op ’n bord.
Meng al die ander besonderhede, en rol die vismengsel in balletjies, en dan in die bord sodat die meel dit bedek.
Maak olie warm in ’n pan, en bak die balletjies daarin.
Plaas op kombuispapier nadat dit gebak is.
Smoor
Verhit die olie.
Meng alles saam, en prut in 'n pot met die deksel op.
Indien jy dit soeter wil hê, voeg 1 lepel suiker by.
Bedien alles saam.