Skip to content

Willie se koeskoes met spek en botterskorsie

RESEPTE

Willie se koeskoes met spek en botterskorsie

Willie Strauss

Bestanddele

250 ml koeskoes
1 knoffel-en-groente-geurblokkie
60 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
kookwater
1 ui, in dun wiggies gesny
8 heel knoffeltoontjies
1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
6 murgpampoentjies, in ringe gesny
6 stukke spek, in stukkies gesny
1 x 250 g pak sampioene, gesny
1 vars suurlemoen
halwe wiel fetakaas, gebreuk

Metode

Verhit die oond tot 180 grade.
Meng die koeskoes, sout en peper.
Breek die geurblokkie in stukkies in ’n bak, voeg ‘n bietjie warm water by, en meng goed tot die blokkie opgelos is.
Voeg die koeskoes by.
Voeg warm water by tot die koeskoes bedek is.
Plaas ‘n bord bo op die glasbakn en laat dit vir 10 minute stoom.
Terwyl die koeskoes stoom, meng die ui, murgpampoen, knoffel en botterskorsie in ’n oondbak, en bedruip met olyfolie.
Meng deur met jou hande, en oondrooster vir sowat 45 minute tot gaar.
Braai die spek en sampioene in ‘n pan tot gaar.
Meng alles saam.
Voeg slaaisous van jou keuse by, of die skil en sap van 1 vars suurlemoen of lemoen.
Meng goed.
Sit warm voor of teen kamertemperatuur.

Deel nou

Deel nou