Ongediagnoseerde en onbehandelde gloukoom kan tot blindheid lei omdat die oogsenuwee met gloukoom beskadig beskadig word. Maar indien dit vroeg opgespoor en behandel word, kan dit doeltreffend behandel word en blindheid voorkom word.
Gloukoom gaan dikwels gepaard met hoë vogdrukking in die oogbol, maar selfs sonder verhoogde drukking, kan gloukoom ontwikkel.
Dit kan doeltreffend met oogdruppels, laserbehandeling of uiteindelik chirurgie behandel word.
Dr Freddie van die Colff, oogspesialis by Panorama Mediclinic, vertel hoe die drukking kan verhoog, oor die verskillende soorte gloukoom, die diagnose en die behandeling. Luister Woensdag om 11:30.
Hier is die skakel vir die Wêreld Gloukoom Assosiasie se webtuiste: https://wga.one/what-is-glaucoma
Hier is ‘n Youtube video skakel wat die anatomie van Gloukoom baie mooi wys
https://youtu.be/zQwpSAmCD2Q

Hier is twee fotos van ‘n normale optiese senuwee en ‘n gloukomateuse optiese senuwee.





