Skip to content

Donderdagaand: Dokumentêr oor die einde van ‘Kelders van Geheime’

RSG NOU

Donderdagaand: Dokumentêr oor die einde van ‘Kelders van Geheime’

Donderdagaand: Dokumentêr oor die einde van ‘Kelders van Geheime’

Die Afrikaanse sepie Kelders van geheime was vanuit die staanspoor ‘n suksesverhaal met soveel as twee miljoen kykers en ongekende advertensie-inkomste.

Maar dié gewilde reeks kom in Augustus ten einde en Haidee Muller-Isaacs het gaan ondersoek instel na die sukses en uitdagings van die sepie wat op ‘n plaas in die Wes-Kaap verfilm en vervaardig word.

Skakel in op Donderdag 3 September om 20:00.

Deel nou