Suid-Afrika se Kaalvoet Koningin, Zola Bud.
Uitsending: Donderdag 10 September 2026 om 8nm
Zola Budd, ook bekend as Zola Pieterse, is een van Suid-Afrikaanse se top middel- en langafstand-atlete.
Sy was bekend is vir haar kaalvoetstyl, wêreldrekords en ’n Olimpiese loopbaan waarin sy vir twee lande deelgeneem het.
Sy het die 5000m wêreldrekord in 1984 verbeter maar dit is nie internasionaal erken nie.
Sy het ook vir Groot-Brittanje by die 1984 Olimpiese Spele aan die 3000m deelgeneem waar haar botsing met Mary Decker regoor die wereld hoofnuus gemaak.
Die Daily Mail, ‘n Britse koerant, het Budd se pa oortuig om haar aan te moedig om aansoek te doen as ‘n Britse burger, op die grond dat haar oupa van Engeland was, en sodoende die internasionale sportboikot van Suid-Afrika te omseil, sodat sy aan die 1984 Somerspele in Los Angeles kon deelneem.
Met ‘n sterk steun van die Daily Mail is registrasie as ‘n Britse burger vinnig toegewys en sy het na Guildford verhuis. Haar aansoek en aankoms was omstrede omdat sy so vinnig ‘n paspoort bekom het. Groepe wat die afskaffing van apartheid ondersteun het, het veldtogte gevoer om die vinnige behandeling wat sy ontvang het uit te lig; aansoeke vir Britse Burgerskap moes gewoonlik jare wag voordat hul aansoeke oorweeg is.
Jody praat met Zola oor haar loopbaan, die hoogtepunte asook die omsterde oomblike. Haar destydse afrigter Pieter Labuschagné vertel ook van die uitdagings wat hulle oorsee in die gesig gestaar het.
Luister Donderdagaand om agtuur op RSG na die dokumentêre program Suid-Afrika se Kaalvoet Koningin, Zola Bud, saamgestel en aangebied deur Jody Hendricks.