Die eerste Alzheimer-pasiënt wat twee weke gelede die eerste geword om ‘n delikate limf-omleidingsoperasie in Suid-Afrika te ondergaan, toon reeds beterskap.
Word operasies op nog pasiënte beplan en wanneer? Wie is geskikte candidate?
Marí Hudson gesels met die plastiese en rekonstruktiewe chirurg, dr Ben Moodie van die Cintocare Hospitaal in Pretoria. Luister Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG.
HET JY GEWEET?
Die limfbuisies is minder as ‘n halwe millimeter in deursnee, die limfknopies minder as ‘n centimeter in deursnee en die aartjies waarin die limfknopies geheg word so klein dat die plasties- en rekonstruktiewe chirurg onder ‘n mikroskoop moet opereer.
JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Die inligting kan pasiënte met Alzheimer-siekte en ander vorms van demensie waar foutiewe proteïene in die brein ophoop, help.
Meer inligting
Hierdie drie sketse verduidelik waar die limfkliere in die nek-gebied geleë is en hoe die limfdreinering in die brein die foutiewe proteïene opruim in ‘n gesonde mens en wat verkeerd loop in mense met Alzheimer siekte en ander proteïenverwante demensie siektes soos Fronto-temporale demensie, Lewy liggaam demensie en Parkinson-siekte met neerlegging van Tau proteïne.




Lees meer oor:
Wat is limfnodes en hoe werk die limfstelsel?:
|https://www.webmd.com/a-to-z-guides/what-are-lymph-nodes
https://www.medicinenet.com/how_does_the_lymphatic_system_work/article.htm
https://my.clevelandclinic.org/health/body/21199-lymphatic-system
Limf-edeem wat volg met kanker en ná kankerbehandeling:
https://www.cancer.gov/about-cancer/treatment/side-effects/lymphedema
