Skip to content

Is die weer meer ekstreem?

RSG NOU

Is die weer meer ekstreem?

2025-07-21

Terwyl die grootste dele van Suid-Afrika bibber, het Wes- en Suid-Europa ekstreme hittegolwe trotseer. In Texas in Amerika het vloede tientalle lewens gekos, en reuse brande in Kalifornië het verwoesting gesaai.

Is hierdie weersomstandighede en natuurrampe buitengewoon, of nie? Moet ons maar daaraan gewoond raak? Ons praat hieroor met professor Francois Engelbrecht, direkteur van die Global Change-instituut by Wits.

Is die weer meer ekstreem?

 

Deel nou