Skip to content

Tipe 1 Diabetes: Hoe kry Alexander Zverev dit reg om op die hoogste vlak tennis te speel?

RSG NOU

Tipe 1 Diabetes: Hoe kry Alexander Zverev dit reg om op die hoogste vlak tennis te speel?

Tipe 1 Diabetes: Hoe kry Alexander Zverev dit reg om op die hoogste vlak tennis te speel?

Hoe werk Tipe 1 Diabetes? Hoe verskil dit van Tipe 2 Diabetes? Kan ‘n skok of trauma tot Tipe 1 Diabetes lei? Ontstaan Tipe 1 Diabetes oornag, of ontwikkel dit mettertyd? Kan dit voorkom word?

En hoe kry Alexander Zverev, ‘n Tipe 1 Diabeet, dit reg om op die hoogste vlak tennis te speel?

Luister na die derde episode waar Dr Marius Wasserfall verduidelik hoe Alexander Zverev dit regkry om op die hoogste vlak tennis te speel. Hy vertel ook meer oor die komplikasies van te lae of te hoë bloedglukosevlakke en of die Ozempic-tipe middels ook tipe 1 diabete se niere en hart kan beskerm.

Alexander Zverev

Luister na die tweede episode waar ons fokus op tegnologie soos insulienpompies, glukosesensors en meer.
Is insulien in enige ander vorm as ‘n inspuiting beskikbaar vir tipe 1 diabete? Hoe werk ‘n insulienpompie en hoe effektief is dit? Hoe kan glukose sensors op die vel help om diabetes beter te beheer? Marí Hudson praat met dr. Marius Wasserfall, ‘n internis by Panorama Mediclinic, in die tweede episode in die reeks oor tipe 1 diabetes.

‘n Insulienpompie wat aan die vel geplak word en die seine na ‘n klein rekenaar stuur.

Met die sensor op die vel, en die nuutste tegnologie wat op n selfoon gelaai kan word, kan die pasiënt se glukose vlakke deurlopend minuut vir minuut gemonitor word. Die inligting sal binnekort regstreeks met die insulienpompie ‘praat’ sodat insulienvlakke voortdurend gereguleer kan word.

Luister na die eerste episode van die kort reeks oor Tipe 1 Diabetes, waar ons veral fokus op die werking, simptome en oorsake van Tipe 1 Diabetes. En hoe verskil dit van tipe 2 diabetes? Marí Hudson gesels met dr Marius Wasserfall, internis by Panorama Mediclinic oor Tipe 1 Diabetes.


Deel nou