Koringproduksie, veral in die Wes-Kaap, is onder geweldige druk, en produsente trek swaar. Ons hoor wat José de Kock hieroor gesê het by die wintergraan-werkgroepsessie by Graan SA se kongres.
Heinrich Victor vertel wat by die wolveilings gebeur het.
Boere in die Noord-Kaap is bekommerd oor hidrobreking in die Karoo, omdat dit watervlakke erg sal beïnvloed.
Die Vaalputs kernkrag-stortingsterrein naby Springbok is ook ‘n saak van kommer.
