Skip to content

Luister weer na “‘n Slang in die gras”

RSG NOU

Luister weer na “‘n Slang in die gras”

Luister weer na “‘n Slang in die gras”

‘n Slang in die gras op Donderdag 21 Mei deur Chris Majiedt was die tweede prys wenner van die 2013 RSG radiodramaskryfkompetisie.

Slang en sy groepie helpers versamel kosbaarhede, veral koper en aluminium, by die asgate om te verkoop. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. En daar is min genade vir dislojaliteit.

Met Chris Majiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Keenan Herman, Royston Stoffels en André Samuels in die rolverdeling en Eben Cruywagen as regisseur.

Chris Majiedt

Hierdie drama speel af in ’n milieu wat nog nie voorheen ontgin is nie, naamlik ’n stortingsterrein. Die karakters is almal oudgevangenes wat onder die ystergreep van SLANG, die hoofkarakter, ’n bestaan voer deur in die vullis te grawe op soek na glas, karton en metaal wat aan herwinningsaanlegte verkwansel word. In ’n wêreld waar normaliteit geweldig relatief is, voer die karakters van Slang in die gras ’n bestaan op ’n Kaapse stortingsterrein waar hulle weeksdae werk, saans kosmaak buite hulle plakkershut en om ’n vuurtjie ontspan, en naweke die plaaslike sjebien besoek. Verraad en bedrog word egter nie geduld nie en sal wraaksugtig en wreed gestraf word.

Chris Maijiedt het destyds vir die eerste keer ingeskryf die radiodramaskryfkompetisie en het ook die hoofrol van SLANG vertolk.

In ’n wêreld waar normaliteit geweldig relatief is, voer die karakters van Slang in die gras ’n bestaan op ’n Kaapse stortingsterrein waar hulle weeksdae werk, saans kosmaak buite hulle plakkershut en om ’n vuurtjie ontspan, en naweke die plaaslike sjebien besoek. Verraad en bedrog word egter nie geduld nie en sal wraaksugtig en wreed gestraf word.

Die spelers is

Chris Majiedt (SLANG),
Charlton George (KLONKIES),
Marlo Minnaar (OUGAT),
Keenan Herman (HAROEN),
Royston Stoffels (BALLIE) en
André Samuels in die kameë van die koperdief.

Van die regisseur – Eben Cruywagen

“Hoorspelregisseurs is van die mees bevoorregte mense. Nie alleen is die moontlikhede van wêrelde en ruimtes wat geskep kan word oneindig nie, daar is ook geen beletsel ten opsigte van duur stelle, internasionale grense of gevaarsones nie. Dit maak dus hoegenaamd nie saak of ’n drama op Mars of in die DRK afspeel nie. Die enigste beperking is die kreatiwiteit van die skrywer, regisseur en produksieregisseur.”

Eben vertel verder dat “weinig skrywers egter akteurs is, en andersom, en wanneer die skrywer van ’n bekroonde inskrywing ’n gesoute akteur is, is dit ’n dubbele bonus! Toe Chris Majiedt in 2013 vir die eerste keer sy hand aan ’n radiodrama gewaag het en beloon is met ’n tweede plek in die RSG Radiodramaskryfkompetisie vir Slang in die gras, was hy dus ’n logiese keuse in die rolverdeling. En wie verstaan ’n komplekse sentrale karakter beter as die skrywer self?”

Die RSG Radiodramaskryfkompetisie bied regisseurs nog die verdere geleentheid om jaarliks met nuwe materiaal en skrywers te doen te kry. Vir regisseurs wat bevoorreg is om ook as mentors vir die kompetisie op te tree, is dit ’n bykomende bonus wanneer so ’n teks boonop met ’n prys beloon word.

Luister Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za, die RSG APP en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Deel nou