Hy het nie eens IT as skoolvak gehad nie, maar Mikhail Edwards het sy meestersgraad in inligtingstegnologie aan die Universiteit van Pretoria in minder as ‘n jaar voltooi – met lof!
Nou is hy die besturende direkteur van ’n sagteware-ontwikkelingsfirma, én besig met ’n PhD wat slim oplossings vir groot besighede ontwerp.
Hoe kry ’n mens dit alles reg vóór jou 25ste verjaarsdag?