Skip to content

“Swem in die see, al het jy nie hare nie, leef jou lewe…”

RSG NOU

"Swem in die see, al het jy nie hare nie, leef jou lewe..."

2026-05-05

“Dokter, gaan ek nou dood?” het die 26-jarige jonggetroude Janica Theron gevra toe sy met borskanker gediagnoseer word. Haar chemoterapie, immunoterapie, dubbele mastektomie en bestraling het voorgelê.

Haar reis was nie maklik nie en met tye wat sy baie baie siek.

Watter emosies moes haar jong man verwerk?

En hoe het sy fisiek en emosioneel en hy emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis?

Marí Hudson gesels met Janica en Dewalt Theron oor hul ervaring met kanker en kankerbehandeling en noudat hulle neuse weer bo die water is.

Luister Woensdag 11:30 na Gesondheid op RSG.

Janica en Dewalt Theron

HET JY GEWEET?
Pasiënte en hul geliefdes ervaar baie emosies ná ‘n ernstige en lewensbedreigende diagnose, en dit is belangrik dat beide die pasiënt en die geliefde ondersteun word.


JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Die inligting kan pasiënte met kanker hoop gee en laat besef dat ander kankerlyers ook vrese, trauma, vertwyfeling, magteloosheid en hoop ervaar.

Janica op haar troudag in Julie 2023. “Ek lyk nou anders. Ek het lang hare gehad, en die behandeling het my gewig laat optel. Ek kyk in die spieël en ek is nie meer dieselfde as voorheen nie.”

“Soek die positiewe”

Luister ook na die kanker-reis van Dirk Malan, voormalige laerskool- wiskundeonderwyser en adjunk hoof Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hul ervaring van diagnose, deur behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA tweekamp kampioenskap deelgeneem en voltooi.

Deel nou