Skip to content

TB kan jou longe, brein, kliere, rugwerwels en ander organe aantas

RSG NOU

TB kan jou longe, brein, kliere, rugwerwels en ander organe aantas

2026-03-24

As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

TB, die organe wat dit kan aantas en die simptome
TB kan al die organe aantas
So lyk die TB mikobakteroie
Die gelerige fibrotiese kol is die TB
Die letsels van TB

Tuberkulose by kinders

Tuberkulose by kinders is anders as by grootmense: dit kan skielik en hard toeslaan, en die kind vinnig baie siek maak. As dit na die brein gaan, kan dit breinskade of dood veroorsaak. Dis moeiliker om te diagnoseer. Enige kind met ‘n ouer of oppasser met gediagnoseerde of ongediagnoseerde TB is in gevaar. Marí Hudson praat met een van Suid-Afrika se voorste tuberkulose-kinderspesialiste oor die simptome en diagnosering van TB in kinders.

Tuberkulose in kinders is ‘n ander storie as tuberkulose in grootmense. Interessant genoeg is die bakterie-lading in die kind laer, wat hom steeds baie gou baie siek maak omdat sy immuunstelsel nog nie goed ontwikkel is, maar die feit gee dokters die kans om die siekte meer effektief te behandel as in grootmense, mits die behandeling vroeg begin en volgehou word. Marí Hudson gesels met een van die land se voorste TB-spesialiste oor die behandeling van TB in kinders

Deel nou