Skip to content

Vanaand: “Meeu-rus” open radiodramaseisoen

RSG NOU

Vanaand: "Meeu-rus" open radiodramaseisoen

2026-04-02

Die seisoen begin op Donderdag 2 April met die derde plek wenner in die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, Meeu-rus, deur Jana Nortier. Stefan, Dawid de Kock se buite-egtelike kind, erf die familieplaas na sy afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament en roep die hulp van Landi Arendse in. Landi het egter ‘n geheim van haar eie.

Christelle Webb-Joubert is die regisseur en Juanita de Villiers haar regterhand saam met die spelers Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg in die rolverdeling.

Die skrywer van Meeu-rus, Jana Nortier het vir lank die rol van Sussie vertolk in die sepie, Villa Rosa. Jana het veral bekendheid verwerf met die Wimpy advertensie, waarin haar karakter gesê het: “Ag Henry, I love it when you talk foreign”

Die bekende akteur en hartebreker van jare gelede, Ryno Hattingh, is vir die eerste keer in jare weer te hoor in radioteater.

Francois van Rensburg, Ryno Hattingh, JD Labuschagne, Juanita de Villiers, Christine Voorendyk, voor Dipalesa Motau, De Waal Stemmet, Kim Cloete, Stephanie Baartman, en Christelle Webb-Joubert

Dis die eerste keer, sover ons weet, dat daar twee regisseurs aan een drama gewerk het. Christelle Webb-Joubert en Juanita de Villiers is ’n gedugte span.  “Weens my swak sig is Juanita nie net my ekstra paar oë nie, maar sy het regtig ’n wonderlike gawe as dit by redigering kom. Ons vul mekaar aan en het oor die algemeen dieselfde visie.” Verduidelik Christelle. “Ons poog om die drama so eerlik en eg as moontlik te laat klink. Gelukkig is daar niks fout met Christelle se gehoor nie” lag Juanita by.

SChristine Voorendyk, Francois van Rensburg, Stephanie Baartman en De Waal Stemmet

Dawid de Kock se dood het heelwat vrae laat ontstaan in die gemoedere van sy seun, Hein, sy dogter, Elna en sy buite-egtelike seun, Stefan, aan wie die familieplaas, Meeu-rus, bemaak is. Wanneer die boedelbeampte, Landi Arendse, haar verskyning maak, raak die geheime al hoe meer tergend en die vraagtekens al hoe groter. Simon Moses, Ou Loes se man, het 30 jaar tevore verdwyn, en Landi erken dat sy Simon se dogter is. Sy glo haar pa is vermoor. Op ’n kasset word skok onthullings ontdek wat alle onsekerhede uit die weg ruim.

Juanita de Villiers, Ryno Hattingh, en Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert is die regisseur en is haar Juanita de Villiers haar regterhand. Die bekende akteur en hartebreker van jare gelede, Ryno Hattingh, is vir die eerste keer in jare weer te hoor in radioteater. Kim Cloete keer ook terug na radioteater saam met De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg in die rolverdeling.

Die program vir die res van die radiodramaseisoen: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/rsg-nou/wenners-legendes-en-klassieke-klanke-in-ons-nuwe-radiodramaseisoen/

Deel nou