Skip to content

Vier Nasionale Beskuitdag saam met ons

RSG NOU

Vier Nasionale Beskuitdag saam met ons

Vier Nasionale Beskuitdag saam met ons

By die huis, op kantoor, op die plaas of aan die ander kant van die wêreld… op Vrydag, 13 November kuier ons almal saam oor ’n koppie koffie en beskuit!

Skuif nader en vier Nasionale Beskuitdag saam met RSG. Neem ’n foto van jou koffie en beskuit, waar jy jou ook al bevind, en WhatsApp dit na 076 536 6961. Jou foto kan deel word van ons reuse virtuele kuier!

Skakel Vrydagoggend 13 November tussen sewe en nege in op Op en Wakker vir ’n spesiale Nasionale Beskuitdag-viering en kom kuier saam met RSG.

En as ‘n lekker bederf bied ons Bakgat-beskuitkompetisie wenners (Marthlé Smith en Magda Janse van Vuuren) vir julle ‘n spesiale 15% afslag op hul wenbeskuit, net geldig op 13 November:

  • Bestel Marthlé se beskuit by kraakbeskuit.co.za
  • En Magda se beskuit via Facebook by Magda Beskuit

Geniet Nasionale Beskuit dag saam met RSG.

Deel nou