23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Aanbieders | Charl van Heyningen
Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Charl het vroeg reeds met ‘n sangloopbaan begin en het op skool verskeie pryse by kunswedstryde gewen. In sy matriekjaar begin hy met sangopleiding by Prof Werner Nel en studeer later verder by Prof Hanno Blaschke aan die Hochschule für Musik in München, Duitsland. Hy sing in verskeie oratoriums en konserte en maak sy operadebuut op 21-jarige ouderdom. Daarna sing hy verskeie hoofrolle as liriese bariton in operas.

Hy neem sy eerste CD, Maskers, in 1998 op en ontvang ‘n SAMA-nominasie as beste manlike kunstenaar vir die album. Sedert die vroeë negentigerjare neem Charl ‘n verdere drie bekroonde albums op en tree op in/vervaardig produksies soos o.a A Touch of Webber and a Taste of Rice, Movies Greatest Music, Hooked on Swing en Vibravo.

Tussenin verwerf Charl ‘n regsgraad en verskyn in talle TV-reekse as akteur. Vandag is Charl een van die land se voorste klassiekemusiek- impresarios en bring gereeld van die wêreld se voorste kunstenaars soos Bryn Terfel, Joshua Bell en vele meer na SA. Charl is ook gereeld promotor van kontemporêre kunstenaars soos o.a Il Divo, Tori Amos, Imogen Heap, Suzanne Vega en Herman van Veen.

Charl streef deurentyd daarna om waarde toe te voeg aan die Suid-Afrikaanse kunstelandskap as administrateur, vervaardiger, vermaaklikheidskonsultant, stemkunstenaar, aanbieder en skakelbeampte. Hy was onder andere direkteur van die nuutgestigte Sentrum vir Musiek by die Universiteit van Stellenbosch.

Hy is getroud met Rachel en hulle het drie kinders – sakevrou Cara wat in Dubai woon, opkomende sanger en aktrise Emma van Heyn en Charl Junior, tans in sy tweedejaar as rekenkundestudent by die Universiteit van Stellenbosch. Die gesin woon in Somerset-Wes.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: