05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

Nou op die lug: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Volgende: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Tuis | Aanbieders | Elsje van Jaarsveld
Elsje van Jaarsveld small web

Elsje van Jaarsveld

Elsje van Jaarsveld is RSG se Senior Regisseur: Kontinuïteit.

Sy was van kindsbeen af nuuskierig. Enige geleentheid was vir haar ‘n avontuur en ‘n nuwe ontdekking van plekke en mense. Die media was dus ‘n natuurlike uitvloeisel van haar belangstelling.

Na skool het sy  kommunikasiestudies in haar visier gehad, maar sy wou eers ʼn haarkapperykwalifikasie agter haar naam kry. Dié kuns beoefen sy steeds as stokperdjie en sorg dat die familie altyd skaflik lyk.

Tydens haar studentejare as kommunikasiestudent aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroom is haar voorliefde vir uitsaaiwese ontgin. Sy het nooit ʼn geleentheid om ʼn radio- of televisieklas by te woon, laat verbygaan nie. Na afloop van haar studies was die uitsaaigeleenthede skaars en was sy ʼn geruime tyd in die korporatiewe wêreld as kommunikasiebestuurder.

In 2014 slaag sy ʼn stemtoets by Pretoria FM en word aanbieder van ʼn gesels- en kontinuïteitsprogram, en verwerf die Liberty Radiotoekenning vir haar aanbieding van die beste liefdadigheidsprojek deur ‘n gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.

Gedurende hierdie tyd is sy ook by televisie betrokke as gasaanbieder van Landbouweekliks op VIA TV en nuusskrywer van eNuus vir Kyknet en doseer sy joernalistiek by Akademia.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: