23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Esté de Klerk
Este de Klerk web

Esté de Klerk

Esté sluit in 2019 aan by RSG se aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum en Naweekaktueel.

Sy word op die platteland in die Kalahari “met haar oor-teen-die-radio” groot.

“My grootword-herinneringe is soet. Die radio was die hele dag aan in my ouerhuis – en is steeds. Destyds op Radio Suid-Afrika, vandag op RSG. Op skool het ek veral nie een episode van die middagvervolgverhale gemis nie, en destyds was daar soms tot drie per dag. Ek skuif ook steeds, soos toe, getrou voor die radio in elke week wanneer die radioteatergordyn oopgeskuif word.”

Behalwe vir ‘n droom om ‘n professionele ballerina te word omdat sy gedans het totdat sy 18-jaar oud was, was joernalis die enigste ander professie wat sy ooit wou beoefen.

In 1998, voltooi Esté haar BA Honneurs in Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat nadat sy ook in haar derdejaar op Kovsies se Studenteraad gedien het en in dié amp die Nasionale Sêr-kompetisie onder die toé tradisioneel Afrikaanse universiteite in 1997 begin het. Die kompetisie het vir 19 jaar daarna bly voortleef.

In 1999, begin sy haar loopbaan by die SAUK in Aucklandpark as radio-nuusjoernalis tydens die nasionale verkiesing.

Daarna neem haar weë haar terug na Bloemfontein, waar sy by Volksblad as hof- en misdaadjoernalis begin werk. Dit is hier waar haar liefde om oor regsaangeleenthede verslag te doen, ontwikkel – ‘n veld waarin sy later jare spesialiseer.

In 2002 roep die uitsaaiwese weer en sluit sy weer aan by die SAUK in Bloemfontein, eers as radio-joernalis, en daarna as televisie-joernalis.

In 2008, word sy deel van Mnet se Carte Blanche-span as ondersoekende joernalis en vervaardiger waar sy oor die volgende 11 jaar tot in 2019 meer as 170 stories – van die week se belangrikste nuus tot in-diepte ondersoeke – plaaslik, in Afrika en internasionaal doen.

In 2014, toe Carte Blanche die Oscar Pistorius Trial Channel begin waartydens Oscar Pistorius se verhoor die eerste word om in sy geheel in Suid-Afrika op televisie uitgesaai te word, werk Esté voltyds vir dié kanaal as vervaardiger, regisseur, teksskrywer en regstreekse regisseur van die Morning Show.

In 2005 behaal sy ‘n internasionale diploma in die uitsaaiwese aan die Thomson-stigting in Cardiff, Wallis, sy skryf verskeie in-diepte artikels wat in boeke gepubliseer is, en doseer joernalistiek in 2017 aan die Boston Media College in Johannesburg.

Sy is mal oor reis, vervaardig steeds dokumentêre reekse, glo in goedheid en hoop, en haar familie, naaste vriende en vierpotige kind, Lucy, lê diep in haar hart en laat haar dikwels skaterlag.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: