23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Aanbieders | Willie Koorts
Willie Koorts small

Willie Koorts

Willie is ’n Karookind, ’n boorling van Touwsrivier. Hy het in 1987 begin werk as ‘n elektroniese tegnikus by die Sutherland Sterrewag. Na ’n paar jaar word hy verplaas na hulle hoofkantoor in Observatory, Kaapstad, waar hulle die beheerstelsels en instrumentasie vir die Sutherland-teleskope ontwerp en bou, waaronder twee wetenskapkameras vir SALT. Willie was die projekbestuurder vir die oprigting van agt teleskope, en die bou van twee koepels.  Met sy aftrede na byna 36 jaar diens, kry hy die verassing van sy lewe. ‘n Sertifikaat vir ‘n asteroïede wat na hom vernoem is, vir buitengewone diens gelewer.

Willie het ’n passie vir sterrekundige uitreikaktiwiteite. Hy gee gereeld praatjies, aanbiedings, demonstrasies en teleskoopkykgeleenthede vir die publiek, skoolgroepe, kerke, kultuurgroepe. Hy skryf ook ’n sterrekunde-kolom vir ’n reistydskrif, en is die toergids vir ’n jaarlikse bustoer na Sutherland.

Sy pad met Sterre en Planete kom sedert 2002 toe hy die gids op die trein na die sonsverduistering in Messina was.  Willie se eerste regstreekse uitsending saam met Hennie Maas was terwyl die trein oorgestaan het op Dullstroom se stasie. Willie neem in April 2024 die rol as ankeraanbieder van Sterre en Planete by Hennie oor.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: