23:10 - 23:59
Tjil
05:55 - 06:00
Ikra
Soek nog potgooi
Gesondheid
Woensdag 27 Oktober 2021
Gesondheid 27 Oktober 2021
Dit is nou moontlik om hartversaking en vordering van nierversaking te stuit in Tipe 2-diabete. Hoe kan hulle gehelp word om langer en gesonder te lewe? Luister na deel 2 van die reeks oor die jongste behandelings vir Tipe 2-diabete.
Woensdag 20 Oktober 2021
Gesondheid 20 Oktober 2021
Een van die grootste probleme met Tipe 2 diabetes is die voorkoming van komplikasies soos hartversaking en nierversaking. Nuwe middels is nou beskikbaar wat ’n rol kan speel om Tipe 2 diabete langer en gesonder te laat lewe. Mari Hudson praat met ’n internis oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.
Woensdag 13 Oktober 2021
Gesondheid 13 Oktober 2021
Hoe voel dit vir ’n dokter om maande aaneen in ’n Covid-waaksaal te werk, daagliks pasiënte te sien sterf, siek pasiënte weg te wys omdat daar net nie genoeg ventilators is nie, en self die effek van isolasie te ervaar? Het hulle die emosionele energie vir ’n vierde golf? Mari Hudson praat met twee dokters wat baie tyd in Covid-waaksale deurgebring het.
Woensdag 6 Oktober 2021
Gesondheid 6 Oktober 2021
Het jy geweet dat mense se brandwonde dalk binnekort met ‘n ‘lewende’ 3D-gedrukte biomatriks behandel kan word? Mari Hudson gesels met 'n polimeerwetenskaplike oor dié navorsing. Sy kyk ook in die tweede deel van die program na feite en mites oor Covid.
Woensdag 29 September 2021
Gesondheid 29 September 2021
Hoe skakel Covid en die Covid-entstowwe jou immuunstelsel aan? Marí Hudson praat met ’n kliniese immunoloog oor die entstowwe en nanopartikels, mense met outo-immuunsiektes, jou genetika, en waar nuwe kankerenstowwe, die TB-enstof en kudde-immuniteit inpas.
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief