Daar is nou nóg ‘n manier waarop jy na RSG kan luister! Ons is nou ook beskikbaar op Openview-dekodeerders op kanaal 516. Jy kan ook daar luister na die SAUK se ander radiostasies.
Bly ingelig! Kry al die inligting wat jy nodig het by die COVID-19 Coronavirus Suid-Afrikaanse Hulpbronportaal by https://sacoronavirus.co.za
SONDUIKER deur Anton Treurnich
Regie: Frieda van den Heever
Episode 37: Magda waarsku Alwyn dat die olifantbul wat hy gaan jag, siek is en gevaarliker as gewoonlik sal wees. Alwyn vertrek op die jag, met Magnus wat saamgaan om ‘n oog op Alwyn te hou. Zane gaan laai vir Dotty by die huis af, maar moet eers teen iemand jaag.
Tenita Kidelo gesels met Elzeth Conradie van Procare oor hoe om stres te beheer.
STERREREËN deur Hendie Grobbelaar
Regie: Duncan Johnson
Die drama het die tweede prys ingepalm in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020.
‘n Student se ma vra hom om haar huis op te pas terwyl sy oorsee is met vakansie. Dis ‘n gulde geleentheid vir sy pêlle om die huis op horings te neem. Waarop hy egter nie gereken het nie is ‘n beeldskone, eksentrieke meisie se bekoring met die misterie vir die buitenste ruim. Dit lei daartoe dat hy ‘n klap van die heelal kry, en selfs met ‘n pratende kat sit… of is dit alles die uitwerking van eksperimentele daggarokery?! Die akteurs is Luan Jacobs, Claudia Jones, Donovan Pietersen en Christo Compion.
Luister na Dimitri Hworostofski se weergawe van Tsjaikofski se NONE BUT THE LONELY HEART, ’n deel uit Pergolesi se Fuitkonsert in G-majeur, en Franz Liszt se LA CAMPANELLA (die klokkie) op xilofoon en klavier.
Hommeltuig-tegnologie het die vermoë om jou boerdery na nuwe hoogtes te neem. Die assistentdirekteur van innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Arie van Ravenswaay, vertel van die jongste tegnologie. Ons vind ook uit watter bruikbare dienste deur PlantverbeteringSA gelewer word.
Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsteurnis (AGHS) is ‘n probleem wat kinders se ontwikkeling benadeel. Die kern van die probleem is dat die kind se aandag maklik afgelei word, of dat oormatige hiperaktiewe gedrag hom of haar verhinder om op ‘n taak te konsentreer. ‘n Gebrek aan konsentrasie lei daartoe dat die kind nie in staat is om nuwe dinge aan te leer of inligting in te neem nie, en dit vertraag ontwikkeling.
SONDUIKER deur Anton Treurnich
Regie: Frieda van den Heever
Episode 38: Wolgang moet vir Zane by die polisiekantoor gaan uitteken nadat hy die vorige aand in ‘n straatresies deur die polisie gevang is. Wolgang doen nie gunste verniet nie, en verduidelik aan Zane presies wat hy van hom verwag. Magnus probeer vir Alwyn rustig en uit die beskermde deel van die bos hou terwyl hulle vir die olifante wag.
Haidee Muller-Isaacs gesels met Gert van Tonder, die gewilde Wielie-Walie aanbieder van desjare en ‘n lid van Groep 2 saam met Sias Reinecke. Gert vertel van sy geboorteplek, Bergplaas, van sy dae saam met Sias, en hoe dié se dood hom geraak het.
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
SABC © 2020
SABC © 2020