Waarom sitrusbome nie van noord na wes in SA vervoer mag word nie

Het jy geweet dat wanneer jy ‘n sitrusboom in die noordelike deel van Suid-Afrika koop, dit nie oorgrens na die Wes-Kaap vervoer mag word nie? Paul Fourie van Citrus Research International praat oor biosekuriteit in die sitrusbedryf.

Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.

Ons hoor wat gebeur het by SA Stamboek se jaarlikse Trailblazer-toekennings, waar groot- en kleinveetelers toekennings ontvang het vir hulle aantekeninge, bestuur en genetiese vordering.

RSG Landbou: Biosekuriteit in die sitrusbedryf
Kategorie: RSG Landbou 2026-11-24

24 November 2026: Het jy geweet dat wanneer jy ‘n sitrusboom in die noordelike deel van Suid-Afrika koop, dit nie oorgrens na die Wes-Kaap vervoer mag word nie? Paul Fourie van Citrus Research International praat oor biosekuriteit in die sitrusbedryf. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag. Ons hoor wat gebeur het by SA Stamboek se jaarlikse Trailblazer-toekennings, waar groot- en kleinveetelers toekennings ontvang het vir hulle aantekeninge, bestuur en genetiese vordering.

Wees op jou hoede vir brande!

Volgens weerkenner Johan van den Berg moet grondeienaars in sowel die winter- as somerreënvalgebiede die volgende paar maande op hulle hoede wees vir brande. RSG Landbou het onlangs met Tiaan Pool van die Nelson Mandela Universiteit oor brande gesels.

Watter rol speel klimaatsverandering en El Niño daarin, en is Suid-Afrika voorbereid?

’n Vastetermyn-dienskontrak vir tydelike werkers kan spesiale klousules bevat waarvan werkgewers kennis moet neem. Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou: Brande
Kategorie: RSG Landbou 2026-11-03

3 November 2026: Volgens weerkenner Johan van den Berg moet grondeienaars in sowel die winter- as somerreënvalgebiede die volgende paar maande op hulle hoede wees vir brande. RSG Landbou het onlangs met Tiaan Pool van die Nelson Mandela Universiteit oor brande gesels. Watter rol speel klimaatsverandering en El Niño daarin, en is Suid-Afrika voorbereid? ’n Vastetermyn-dienskontrak vir tydelike werkers kan spesiale klousules bevat waarvan werkgewers kennis moet neem. Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

Raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit

Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.

RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit
Kategorie: RSG Landbou 2026-10-17

17 Oktober 2026: Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.

Boere, maak seker julle gebruik bek-en-klouseer-entstof veilig

Kuddeveearts dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk werk saam met veeartse, boere en produsente-organisasies om die veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof in kommersiële melk- en vleisbeeskuddes te evalueer. Voerkrale en selfs kommunale kuddes is by die gestruktureerde veldmoniteringsprogram ingesluit. Hy vetrel van hulle waarnemings.

Ons hoor ook wat Chris Derksen oor hierdie week se vleispryse te sê het, en Johan van den Berg gesels weersake.

RSG Landbou: Veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof
Kategorie: RSG Landbou 2026-10-01

1 Oktober 2026: Kuddeveearts dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk werk saam met veeartse, boere en produsente-organisasies om die veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof in kommersiële melk- en vleisbeeskuddes te evalueer. Voerkrale en selfs kommunale kuddes is by die gestruktureerde veldmoniteringsprogram ingesluit. Hy vetrel van hulle waarnemings. Ons hoor ook wat Chris Derksen oor hierdie week se vleispryse te sê het, en Johan van den Berg gesels weersake.

Rekord-uitvoere van rooibos

Rooibos spog op die oomblik met rekord-uitvoere. ‘n Baanbreker toegang- en voordele-ooreenkoms is ook onlangs gesluit wat tot groot voordeel vir talle Suid-Afrikaners sal wees.

Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas Sterrekopje buite Franschhoek. Sy gee seisoen-spesifieke wenke vir jou groentetuin.

Brand Wessels is mede-professor in Houtkunde by Universiteit Stellenbosch. Hy bespreek nuwe loopbaangeleenthede in bosbou.

RSG Landbou: Rekord-uitvoere van rooibos
Kategorie: RSG Landbou 2026-10-02

2 Oktober 2026: Rooibos spog op die oomblik met rekord-uitvoere. ‘n Baanbreker toegang- en voordele-ooreenkoms is ook onlangs gesluit wat tot groot voordeel vir talle Suid-Afrikaners sal wees. Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas Sterrekopje buite Franschhoek. Sy gee seisoen-spesifieke wenke vir jou groentetuin. Brand Wessels is mede-professor in Houtkunde by Universiteit Stellenbosch. Hy bespreek nuwe loopbaangeleenthede in bosbou.

Landbou: Watter land voer die meeste van ons rooibos in?

Tien miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink. Hierdie eg Suid-Afrikaanse produk word na 50 lande uitgevoer. Adele du Toit van die SA Rooibosraad vertel watter land meeste rooibos invoer.

Kachne Ross van South Africa Wine praat oor die waarde van menseontwikkeling in landbou.

Waarskuwing vir canolaboere oor mistige toestande

Rooibos is op pad na die buitenste ruim! Marthane Swart van die SA Rooibosraad verduidelik waarom dit van waarde op aarde is.

Lizette Nowers, ‘n wetenskaplike navorser by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, en navoringstegnikus Piet Lombard deel ‘n dringende boodskap aan canolaboere, wat verband hou met ongewone mistige toestande wat op die oomblik voorkom.

RSG Landbou: Waarskuwing vir canolaboere
Kategorie: RSG Landbou 2026-07-24

24 Julie 2026: Rooibos is op pad na die buitenste ruim! Marthane Swart van die SA Rooibosraad verduidelik waarom dit van waarde op aarde is. Lizette Nowers, ‘n wetenskaplike navorser by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, en navoringstegnikus Piet Lombard deel ‘n dringende boodskap aan canolaboere, wat verband hou met ongewone mistige toestande wat op die oomblik voorkom.

Geveg teen bek-en-klouseer besig om vrugte af te werp

Pogings word voortgesit om bek-en-klouseer die nekslag toe te dien. Noue samewerking tussen boere, veeartse en die regering is besig om vrugte af te werp. Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, bring ons op hoogte van die stand van sake.

Ons hoor wat alles in die jongste uitgawe van die gratis landboutydskrif, Agriprobe, gelees kan word.

Die wynmaker by De Grendel, Morgan Steyn, praat oor die waarde van mentorskap in die landbou.

 SA produseer meer as 50% van die wêreld se sybokhaar

29 Junie 2026: Het jy geweet Suid-Afrika produseer meer as vyftig persent van die wêreld se sybokhaar? Sybokhaar SA het onlangs op Graaff-Reinet kongres gehou, en ons hoor waarom Suid-Afrikaners trots kan wees op dié bedryf.

Inskrywings vir die jaarlikse Lewendehawe Registrerende Federasie en Santam se Stoetteler van die Jaar-kompetisie sluit op 17 Julie. Die hoofbeoordelaar, prof. Frikkie Neser, praat oor die kriteria vir deelname.

Syferfontein en Bonro Bonsmara se 27ste produksieveiling is met groot sukses op 16 Junie aangebied. Nico Pieterse gee terugvoer.

RSG Landbou: SA produseer meer as 50% van die wêreld se sybokhaar
Kategorie: RSG Landbou 2026-06-29

29 Junie 2026: Het jy geweet Suid-Afrika produseer meer as vyftig persent van die wêreld se sybokhaar? Sybokhaar SA het onlangs op Graaff-Reinet kongres gehou, en ons hoor waarom Suid-Afrikaners trots kan wees op dié bedryf. Inskrywings vir die jaarlikse Lewendehawe Registrerende Federasie en Santam se Stoetteler van die Jaar-kompetisie sluit op 17 Julie. Die hoofbeoordelaar, prof. Frikkie Neser, praat oor die kriteria vir deelname. Syferfontein en Bonro Bonsmara se 27ste produksieveiling is met groot sukses op 16 Junie aangebied. Nico Pieterse gee terugvoer.

Die beginsels van ‘n goeie familieboerdery is…

Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? Dit was een van die onderwerpe wat by die onlangse Bergrivier Besproeiing-boeredag bespreek is.

Ons luister ook na Hendri Truter en die suksesverhaal van Deli-Co, ‘n vleis- en graan-familiebesigheid in Riebeeck Kasteel.

Die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hulle families is enorm. Volgens dr. Shaun Morris van Octavoscene moet dié siekte eerder wetenskaplik as emosioneel benader word, maar dis makliker gesê as gedaan.

RSG Landbou: Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery?
Kategorie: RSG Landbou 2026-06-17

17 Junie 2026: Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? Dit was een van die onderwerpe wat by die onlangse Bergrivier Besproeiing-boeredag bespreek is. Ons luister ook na Hendri Truter en die suksesverhaal van Deli-Co, ‘n vleis- en graan-familiebesigheid in Riebeeck Kasteel. Die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hulle families is enorm. Volgens dr. Shaun Morris van Octavoscene moet dié siekte eerder wetenskaplik as emosioneel benader word, maar dis makliker gesê as gedaan.