RSG Landbou: Rekord-uitvoere van rooibos
2 Oktober 2026: Rooibos spog op die oomblik met rekord-uitvoere. ‘n Baanbreker toegang- en voordele-ooreenkoms is ook onlangs gesluit wat tot groot voordeel vir talle Suid-Afrikaners sal wees. Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas Sterrekopje buite Franschhoek. Sy gee seisoen-spesifieke wenke vir jou groentetuin. Brand Wessels is mede-professor in Houtkunde by Universiteit Stellenbosch. Hy bespreek nuwe loopbaangeleenthede in bosbou.
