Wat gebeur in jou brein wanneer jy Tik gebruik? Kan die paranoia en psigoses omgekeer word?
Mari Hudson gesels met psigiater Dr Lize Weich van die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool, oor die uitwerking van Tik op jou brein.


Wat gebeur in jou brein wanneer jy Tik gebruik? Kan die paranoia en psigoses omgekeer word?
Mari Hudson gesels met psigiater Dr Lize Weich van die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool, oor die uitwerking van Tik op jou brein.


Die Suid-Afrikaanse regering is amptelik in kennis gestel van die VSA se voorneme om Suid-Afrika en Rwanda vanaf 1 Januarie 2027 van die handelsvoordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) uit te sluit. Die program het voorkeurtoegang tot Amerikaanse markte gebied vir sleutelbedrywe in Suid-Afrika – spesifiek landbou en die motor- en die vervaardingsbedryf.
Die VSA sê Suid-Afrika volg praktyke en beleid wat nie in ooreenstemming met AGOA se toelatingskriteria is nie. Die Amerikaanse regering het verwys na struikelblokke soos handels- en beleggingshindernisse, korrupsie en bedreigings vir Amerikaanse veiligheid.
Jody Hendicks praat met ekonoom Johan Els oor die ekonomiese impak wat dié belsuit op die ekonomie kan hê.
Marinebioloog Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die duisende jellievisse wat op die Kaapse strande uitgespoel het.


Watter soorte befondsing is daar vir iemand wat universiteit toe gaan? Wat is die verskil tussen ‘n studiebeurs en ’n akademiese beurs? Wat van ‘n toelaag?
Kinders wat in en om die huis help met huistakies, leer baie meer as net ‘n sin van verantwoordelikheid. Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank sê dit help hulle slyp aan vele vaardighede, van liggaamlike tot skolastiese ontwikkeling.
Sowat 1,5 miljard liter skoon drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore. Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) het pas ‘n verslag oor die stand van die lewering van drinkwater in Gauteng bekendgestel. Honderde duisende mense regoor Gauteng, wat metro’s soos Johannesburg, Tshwane, Ekhuruleni en munisipaliteite soos Mogale en in die Vaaldriehoek insluit, sit daagliks en dikwels weke aaneen sonder water. Volgens die MRK-verslag is daar egter glad nie ‘n tekort aan water nie.
Ons praat hieroor met Julius Kleynhans, uitvoerende bestuurder vir plaaslike regering by Outa.
Hoe kan radio-isotope ingespan word om trippel negatiewe borskankerselle op te spoor, en dan bestralingspartikels direk by die kankerselle aflaai vir bestraling?
Mari Hudson praat met ‘n vooraanstaande kerngeneeskundige, wat pas ‘n groot navorsingsbeurs ontvang het om dié moontlikheid te ondersoek.
DIe opvoedkundige sielkundige en voormalige dosent aan die US, Quinton Adams, staan deesdae bekend as Die Shackbouer. Hy het onlangs ‘n gesogte toekenning losgeslaan, en gesels met Haidee Muller-Isaacs oor die werk wat hy en sy span steeds doen in informele nedersettings.
RSG se Radioteater bied op Donderdag 5 November 2026 om 20:00 Seeskulp aan, ’n radiodrama deur Marius de Bruyn met regie deur Luan Jacobs.
Die verhaal bring ’n letterkundedosent en ’n jong student bymekaar in ’n onverwagse vriendskap waarin siekte en die verbeelding met mekaar verweef raak. Dit vra hoe ons na mekaar luister wanneer woorde tegelyk ’n skuilplek en ’n manier van toenadering kan wees.
Die storie
Eleanor is met ’n terminale breingewas gediagnoseer. Wanneer sy Jonathan ontmoet, ’n eksentrieke jong student wat aan ’n roman werk, begin ’n komplekse verhouding ontwikkel. Hy vertel haar van sy boek; sy maak mettertyd oop oor haar siekte en haar onsekere toekoms. Namate hulle band verdiep, rig Eleanor ’n vreemde versoek aan Jonathan wat albei se lewens ingrypend verander.
Die inspirasie vir die drama lê onder meer in De Bruyn se belangstelling in die verhouding tussen dosente en studente, veral binne die wêreld van kreatiewe skryfwerk. Hy het draaiboekskryf aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer en was gefassineer deur die wisselwerking tussen lektore en studente. In Seeskulp ondersoek hy ook die verhoudings tussen skrywers en die spanning wat ontstaan wanneer twee mense geheime van mekaar weerhou.
Die titelmotief het ontstaan uit sy soeke na ’n beeld van iets wat sigbaar is, maar terselfdertyd iets verberg. ’n Seeskulp lê oop en bloot op die strand; eers wanneer iemand dit optel en teen ’n oor hou, word die gedruis hoorbaar. Hierdie beeld bied ’n vertrekpunt vir ’n drama waarin luister meer beteken as om bloot iemand se woorde te hoor.

Regisseursnotas
Jacobs sê hy was van die begin af gaande oor die teks en die manier waarop De Bruyn die mense agter die situasie vasvang. Vir hom was dit noodsaaklik om die verhaal met deernis, eerlikheid en respek te benader. Sy regie fokus op die mens binne die diagnose, met ruimte vir die karakters se vrees, verset en broosheid, asook hulle soeke na aanvaarding.
Dié benadering geld ook vir die spel. Volgens Jacobs het die keuse van die geselskap ’n belangrike deel van die regieproses gevorm, juis omdat die karakters soveel nuanses bevat. Hy beskryf die akteurs se benadering as sensitief en vol respek. Die doel was om gestalte te gee aan mense met volledige lewens, eerder as om hulle bloot deur hulle omstandighede te definieer.
Klank vorm ’n besonder belangrike deel van die produksie. Navorsing oor ’n glioblastoom en die uitwerking daarvan het die klankontwerp help rig. Die oseaanmotief word verbind met alledaagse geluide: ’n koffiemasjien, reëndruppels, omgewingsklank en bewegende water. Hierdie verskillende vorme van gedruis word teen die strome en golwe van die see gebalanseer en verklank die ontwrigtende uitwerking van Eleanor se siekte.
Stilte kry ook ’n eie betekenis. Jacobs gebruik dit doelbewus binne die verhaal se emosionele verloop, sodat luisteraars bewus kan word van wat tussen klanke en gesprekke gebeur. Die atmosferiese musiek vloei op plekke só nou met die klankontwerp saam dat die grens tussen die twee vervaag. Elders help musiek om bepaalde ruimtes en die verhaal se fantasiewêrelde te vestig.
Hierdie wisselwerking tussen werklikheid en verbeelding maak Seeskulp ’n verhaal wat die moontlikhede van radio benut. Sonder sigbare gebare of dekor moet stemme, musiek en klank die verhouding tussen Eleanor en Jonathan dra. Vir luisteraars lê die uitnodiging daarin om aandagtig te luister: na die stories wat die karakters vertel, die dinge wat hulle verswyg en die betekenis wat tussenin begin vorm aanneem.

Die spelers
Die rolverdeling sluit Mandi du Plooy Baard, Donovan Peterson, Charlie Bougenoun, Lizelle Pike, Erin Patience en DeWaal Stemmet in. Saam vertolk hulle Seeskulp.

Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. Sy sê voedselveiligheid begin nie eers wanneer jy by die huis kom nie, dit begin reeds wanneer jy jou inkopiemandjie stoot – van hoe jy produkte kies, tot die volgorde waarin jy jou inkopies doen. Klein besluite kan ’n groot verskil maak.
Episode 1: Voedselveiligheid begin by die winkel
Episode 2: Voedselveiligheid: Dis nie net vir restaurante en groot kombuise nie
Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. In die eerste gesprek stel ons die reeks bekend, en kyk ons na hoekom voedselveiligheid nie net iets vir restaurante en groot kombuise is nie, maar iets wat in elke huis begin, by die manier waarop ons koop, bêre, voorberei en kos gebruik.
Episode 3: Voedselveiligheid: Die koue hart van die kombuis
Ons dink dikwels aan die yskas as net ‘n plek waar kos koud gehou word, maar volgens voedselveiligheidskenners is dit een van die belangrikste wapens teen siektes in jou huis. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en konsultant, oor die regte manier om jou yskas te gebruik. ’n Yskas wat te warm is, verkeerd gepak is of nie gereeld skoongemaak word nie, kan veroorsaak dat jou kos vinniger bederf. Sy verduidelik waar kos in die yskas geplaas moet word, en watter eenvoudige veranderinge die kos langer kan laat hou.
Die vrieskas is baie mense se geheime wapen teen kosvermorsing. Daardie ekstra porsie kos, die vleis wat jy op uitverkoping gekoop het, of die brood wat jy nie betyds gaan gebruik nie – die vrieskas gee kos ’n tweede kans. Maar daar is ook reëls. Ons gesels met Annelien Pienaar, ‘n skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om reg te vries, en veral hoe om veilig te ontdooi, want hoewel vries bakterieë se groei vertraag, beteken dit nie dat enige kos vir altyd veilig bly nie.
Een van die grootste voedselveiligheidsgevare in ’n kombuis is iets wat jy nie altyd kan sien nie. Kruisbesmetting gebeur wanneer bakterieë van een oppervlak, kossoort of hand na ’n ander beweeg. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die klein kombuisgewoontes wat groot gevolge kan hê. Van dieselfde snyplank vir rou hoender en groente, tot ’n lap wat vir alles gebruik word – soms is dit juis ons alledaagse gewoontes wat ons kos onveilig maak.
Vleis, hoender en vis is deel van baie Suid-Afrikaanse huise se daaglikse etes, maar dit is ook kossoorte wat ekstra versigtig hanteer moet word. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om hierdie produkte veilig te koop, bêre, voorberei en gaar te maak. Die manier waarop jy vleis hanteer voordat dit op die bord beland, speel ’n groot rol in jou gesin se voedselveiligheid.
Daar is ’n onsigbare wêreld rondom ons, wat ’n groot invloed op ons kos het – bakterieë. Hoewel ons dit nie kan sien nie, kan temperatuur bepaal of hulle vermeerder of onder beheer bly. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die gevaarsones waar bakterieë vinnig kan groei. Van ’n kosblik wat te lank in die son staan, tot kos wat stadig op die kombuistoonbank afkoel – temperatuur maak saak.
Episode 9: Hoe pak jy ‘n veilige en gesonde kosblik?
’n Produk se etiket vertel jou baie meer as net dit wat daarin is. Daar is datums, bestanddele, en soms waarskuwings oor allergene, maar verstaan ons werklik wat al dié inligting beteken? Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent en skrywer, oor hoe om etikette met meer selfvertroue te lees, want om ’n etiket reg te verstaan, kan jou help om veiliger keuses te maak én onnodige voedselvermorsing te voorkom.
Wanneer jy kos koop, kyk jy waarskynlik eerste na die prys, dalk na die voedingswaarde, of sommer net na die prentjie op die verpakking. Maar daardie etiket bevat belangrike inligting wat jou kan help om kos veiliger te hanteer, beter keuses te maak en onnodige vermorsing te voorkom. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent en skrywer, oor die inligting op voedseletikette wat maklik misgekyk word. Hoekom is dit belangrik om bestanddele te lees, selfs wanneer jy ’n produk al voorheen gekoop het? En watter waarskuwings moet jy nooit ignoreer nie? Want die klein skrif op jou kosverpakking kan ’n groot verskil maak aan hoe jy jou kos gebruik, bêre en veilig geniet.
Vlekvrye staal, gietyster, aluminium, keramiek en kleefwerend – daar is soveel verskillende soorte potte en panne op die mark dat ’n mens soms wonder watter een is werklik die beste keuse. Voedselwetenskapdosent en skrywer Annelien Pienaar praat oor die verskillende materiale wat in kombuise gebruik word om kos te maak. Die regte pot gaan nie net oor hoe lekker jou kos proe nie, maar ook oor hoe veilig en doeltreffend jy dit voorberei.
Skakel na Annelien se webtuiste: https://annelienpienaar.co.za/rsg-week-1-voedsel-veiligheid-dit-begin-by-die-winkel/ = EPISODE 1