Voedselveiligheid: Vries slim, ontdooi veilig
Die vrieskas is baie mense se geheime wapen teen kosvermorsing. Daardie ekstra porsie kos, die vleis wat jy op uitverkoping gekoop het, of die brood wat jy nie betyds gaan gebruik nie – die vrieskas gee kos ’n tweede kans. Maar daar is ook reëls. Ons gesels met Annelien Pienaar, ‘n skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om reg te vries, en veral hoe om veilig te ontdooi, want hoewel vries bakterieë se groei vertraag, beteken dit nie dat enige kos vir altyd veilig bly nie.
