Skip to content

1,5 miljard liter drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore!

RSG NOU

1,5 miljard liter drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore!

1,5 miljard liter drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore!

Sowat 1,5 miljard liter skoon drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore. Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) het pas ‘n verslag oor die stand van die lewering van drinkwater in Gauteng bekendgestel. Honderde duisende mense regoor Gauteng, wat metro’s soos Johannesburg, Tshwane, Ekhuruleni en munisipaliteite soos Mogale en in die Vaaldriehoek insluit, sit daagliks en dikwels weke aaneen sonder water. Volgens die MRK-verslag is daar egter glad nie ‘n tekort aan water nie.

Ons praat hieroor met Julius Kleynhans, uitvoerende bestuurder vir plaaslike regering by Outa.

Deel nou