Voedselveiligheid: Vrugte en groente – was, bêre en gebruik dit reg
Ons word dikwels aangemoedig om meer vrugte en groente te eet, maar wat gebeur met daardie produkte tussen die winkel en jou bord? Moet alles gewas word sodra jy by die huis kom? Waar bêre jy wat? En kan die verkeerde manier van bêre veroorsaak dat jou vars produkte vinniger bederf? Ons vra dié vrae aan Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, kookboekskrywer en kenner wat ingewikkelde voedselwetenskap prakties vir die gewone huishouding verduidelik. Ons kyk na hoe om vrugte en groente veilig te hanteer en te bêre, met die doel om nie net voedselveiligheid te verbeter nie, maar ook om langer waarde uit jou vars produkte te kry.
