Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. Sy sê voedselveiligheid begin nie eers wanneer jy by die huis kom nie, dit begin reeds wanneer jy jou inkopiemandjie stoot – van hoe jy produkte kies, tot die volgorde waarin jy jou inkopies doen. Klein besluite kan ’n groot verskil maak.
Episode 1: Voedselveiligheid begin by die winkel
Episode 2: Voedselveiligheid: Dis nie net vir restaurante en groot kombuise nie
Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. In die eerste gesprek stel ons die reeks bekend, en kyk ons na hoekom voedselveiligheid nie net iets vir restaurante en groot kombuise is nie, maar iets wat in elke huis begin, by die manier waarop ons koop, bêre, voorberei en kos gebruik.
Episode 3: Voedselveiligheid: Die koue hart van die kombuis
Ons dink dikwels aan die yskas as net ‘n plek waar kos koud gehou word, maar volgens voedselveiligheidskenners is dit een van die belangrikste wapens teen siektes in jou huis. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en konsultant, oor die regte manier om jou yskas te gebruik. ’n Yskas wat te warm is, verkeerd gepak is of nie gereeld skoongemaak word nie, kan veroorsaak dat jou kos vinniger bederf. Sy verduidelik waar kos in die yskas geplaas moet word, en watter eenvoudige veranderinge die kos langer kan laat hou.
Episode 4 Voedselveiligheid: Vries slim, ontdooi veilig
Die vrieskas is baie mense se geheime wapen teen kosvermorsing. Daardie ekstra porsie kos, die vleis wat jy op uitverkoping gekoop het, of die brood wat jy nie betyds gaan gebruik nie – die vrieskas gee kos ’n tweede kans. Maar daar is ook reëls. Ons gesels met Annelien Pienaar, ‘n skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om reg te vries, en veral hoe om veilig te ontdooi, want hoewel vries bakterieë se groei vertraag, beteken dit nie dat enige kos vir altyd veilig bly nie.
Episode 5 Voedselveiligheid: Kruisbesmetting
Een van die grootste voedselveiligheidsgevare in ’n kombuis is iets wat jy nie altyd kan sien nie. Kruisbesmetting gebeur wanneer bakterieë van een oppervlak, kossoort of hand na ’n ander beweeg. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die klein kombuisgewoontes wat groot gevolge kan hê. Van dieselfde snyplank vir rou hoender en groente, tot ’n lap wat vir alles gebruik word – soms is dit juis ons alledaagse gewoontes wat ons kos onveilig maak.
Episode 6 Voedselveiligheid: Vleisveiligheid
Vleis, hoender en vis is deel van baie Suid-Afrikaanse huise se daaglikse etes, maar dit is ook kossoorte wat ekstra versigtig hanteer moet word. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om hierdie produkte veilig te koop, bêre, voorberei en gaar te maak. Die manier waarop jy vleis hanteer voordat dit op die bord beland, speel ’n groot rol in jou gesin se voedselveiligheid.
Episode 7. Voedselveiligheid: Temperature waar bakterieë floreer
Daar is ’n onsigbare wêreld rondom ons, wat ’n groot invloed op ons kos het – bakterieë. Hoewel ons dit nie kan sien nie, kan temperatuur bepaal of hulle vermeerder of onder beheer bly. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die gevaarsones waar bakterieë vinnig kan groei. Van ’n kosblik wat te lank in die son staan, tot kos wat stadig op die kombuistoonbank afkoel – temperatuur maak saak.
Episode 8: Voedselveiligheid: Hoe lank hou oorskiet werklik?
Episode 9: Hoe pak jy ‘n veilige en gesonde kosblik?
Skakel na Annelien se webtuiste: https://annelienpienaar.co.za/rsg-week-1-voedsel-veiligheid-dit-begin-by-die-winkel/ = EPISODE 1