Wie is aan die voorpunt van die KI-revolusie?

Wie is aan die voorpunt van die KI-revolusie?
Kategorie: Geldsake met Moneyweb 2026-11-04

Pieter Geldenhuys – toekomskundige en direkteur, Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie & Eugene Cronje – direkteur, 4Sight Holdings

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur van die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasiem en Eugene Cronje, direkteur van 4Sight Holdings, vertel meer.

Hoe keer jy dat jou tuin onder El Niño se hitte-aanslag ly?

Hoe keer jy dat jou tuin onder El Niño se hitte-aanslag ly?

Paddas kruip mos in die grond weg. Hoekom hoor ons dan so selde van ’n padda wat iemand in die tuin raakspit?

Hoe verklaar jy dit: Jou tuin en El Niño; Paddas in die grond
Kategorie: Hoe verklaar jy dit? 2026-11-01

1 November 2026: Hoe keer jy dat jou tuin onder El Niño se hitte-aanslag ly? Paddas kruip mos in die grond weg. Hoekom hoor ons dan so selde van ’n padda wat iemand in die tuin raakspit?

SA se ekonomie is R400 miljard of 5% groter as wat ons gedink het

SA se ekonomie is R400 miljard of 5% groter as wat ons gedink het
Kategorie: Geldsake met Moneyweb 2026-11-02

Lullu Krugel – ekonoom, PwC

Lullu Krugel, ekonoom van PwC, vertel meer.

Wees op jou hoede vir brande!

Volgens weerkenner Johan van den Berg moet grondeienaars in sowel die winter- as somerreënvalgebiede die volgende paar maande op hulle hoede wees vir brande. RSG Landbou het onlangs met Tiaan Pool van die Nelson Mandela Universiteit oor brande gesels.

Watter rol speel klimaatsverandering en El Niño daarin, en is Suid-Afrika voorbereid?

’n Vastetermyn-dienskontrak vir tydelike werkers kan spesiale klousules bevat waarvan werkgewers kennis moet neem. Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou: Brande
Kategorie: RSG Landbou 2026-11-03

3 November 2026: Volgens weerkenner Johan van den Berg moet grondeienaars in sowel die winter- as somerreënvalgebiede die volgende paar maande op hulle hoede wees vir brande. RSG Landbou het onlangs met Tiaan Pool van die Nelson Mandela Universiteit oor brande gesels. Watter rol speel klimaatsverandering en El Niño daarin, en is Suid-Afrika voorbereid? ’n Vastetermyn-dienskontrak vir tydelike werkers kan spesiale klousules bevat waarvan werkgewers kennis moet neem. Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.

Waar kom geweld vandaan?

Luister vandag na die eerste epsisode van ons weeklikse gesprek oor geweld, veral geweld teen vroue, op Driesestig.

Sinta Ebersohn is ‘n bekroonde skrywer, spreker en internasionaal geakkrediteerde Post-Traumatiese Groei-spesialis en mentor Sy praat oor geweld en waar dit vandaan kom.

Geweld in ons huise en verhoudings: Waar kom geweld vandaan?
Kategorie: Driesestig 2026-11-03

Sinta Ebersohn is ‘n bekroonde skrywer, spreker en internasionaal geakkrediteerde Post-Traumatiese Groei-spesialis en mentor Sy praat oor geweld en waar dit vandaan kom.



Luister weer na Deel 1 en 2 van “Stinkhout”

RSG bied met trots die tweedelige radiodrama Stinkhout aan – ’n aangrypende verhaal oor ’n pa en seun, uitdagende verhoudings, herinneringe en die stille getuienis van ’n enorme witstinkhoutboom.

Die drama – wenner van die 2025 ATKV-Woordveertjie vir ’n dramateks – is deur die geliefde en onlangs oorlede Eben Cruywagen vir radio verwerk. Dit was sy laaste dramawerk vir RSG en word uitgesaai op 22 Oktober en 29 Oktober om 20:00.

Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 1)
Kategorie: Radioteater 2026-10-22

Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie familiegrond gebeur het. Dit is ‘n storie oor ‘n pa en seun wat sukkel om mekaar te vind terwyl hulle bestek opneem van hulle verlede. Die regisseur is Joanie Combrink. Die rolverdeling sluit in Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock. STINKHOUT is vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Dit was Cruywagen se laaste verwerking vir RSG, en die produksie word aan hom opgedra.

Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 2)
Kategorie: Radioteater 2026-10-29

Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie familiegrond gebeur het. Dit is ‘n storie oor ‘n pa en seun wat sukkel om mekaar te vind terwyl hulle bestek opneem van hulle verlede. Die regisseur is Joanie Combrink. Die rolverdeling sluit in Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock. STINKHOUT is vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Dit was Cruywagen se laaste verwerking vir RSG, en die produksie word aan hom opgedra.

Stinkhout bring van die mees legendariese, sowel as die mees opwindende nuwer name in Afrikaanse drama saam: Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock – ‘n rolverdeling wat dit as ‘n voorreg beskryf om deel te wees van die radioverwerking, veral omdat die verhoogstuk reeds groot aandag op verskeie kunstefeeste getrek het.

Skrywer Philip Rademeyer vertel dat die stuk ontstaan het toe iemand op ’n filmstel opgemerk het dat Frank Opperman en Wilhelm van der Walt “nogal soos pa en seun lyk”. Daardie toevallige opmerking het die vonk geword vir ’n storie wat diep in die pa‑seun‑verhouding delf:

In Stinkhout keer Louw terug na sy gesin se kleinhoewe ná sy broer se skielike dood. Daar word hy met sy pa, Gert, herenig. Ou wonde word oopgekrap soos hulle mekaar toets, blameer en konfronteer, terwyl die waarheid bruis binne ’n enorme witstinkhoutboom wat al dekades lank alles op dié familiegrond aanskou.

Regisseur Joanie Combrink sê die grootste uitdaging was om die verhoogstuk se toonaard getrou na radio oor te dra: “Dit was vir my baie belangrik om ’n atmosfeer in die ateljee te skep waarin die spelers veilig en ontspanne kon voel. Die radioverwerking is dubbel die lengte van ’n gewone radiodrama, en vir Frank Opperman en Wilhelm van der Walt was dit belangrik om getrou te bly aan hul vertolkings in die verhoogstuk.”

Die drama se emosionele diepte en die behoefte aan rou-eerlike spel het die produksie tot ’n besondere ervaring gemaak – een wat ook die nalatenskap van Eben Cruywagen met waardigheid eer.

Stinkhout is die laaste teks wat hy ooit vir RSG verwerk het. Sy werk het oor jare heen ’n onuitwisbare merk op Afrikaanse radiodrama gelaat. Hierdie uitsending is daarom nie net ’n drama nie; dit is ’n huldeblyk aan ’n man wie se uitsaaikennis, penvaardigheid, stem en visie die medium verryk het.

Stinkhout, Deel 1 word Donderdag 22 Oktober om 20:00 op RSG uitgesaai en Deel 2 Donderdag 29 Oktober om 20:00.

Die beste van Afrikaanse radioteater vind jy, soos altyd, op RSG.

Toffee, die Golden Retriever, help getraumatiseerde kinders

Kan ‘n hond ‘n kind help om erge trauma te verwerk? Elsje van Jaarsveld gesels met maatskaplike werker Edith Kriel van die Jelly Beanz-praktyk.

Edith gebruik haar Golden Retriever, Toffee, as ‘n gelisensieerde terapiehond om kinders te help wat vreesaanjaende traumatiese gebeurtenisse beleef het. Waar grootmense dikwels wantroue by hierdie kinders ontlok, bring Toffee ‘n onmiddellike gevoel van veiligheid, kalmte en onvoorwaardelike aanvaarding.

Ons hoor die inspirerende storie hoe Toffee ‘n jong kind in die hofsaal getrou ondersteun het tydens moeilike getuienis teen sy eie pa. Hierdie hartroerende episode wys die diep, genesende band tussen mens en dier.

RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Toffee, getraumatiseerde kinders se redder
Kategorie: Dieremaniere 2026-10-08

S3E5: Kan ‘n hond ‘n kind help om erge trauma te verwerk? Elsje van Jaarsveld gesels met maatskaplike werker Edith Kriel van die Jelly Beanz-praktyk. Edith gebruik haar Golden Retriever, Toffee, as ‘n gelisensieerde terapiehond om kinders te help wat vreesaanjaende traumatiese gebeurtenisse beleef het. Waar grootmense dikwels wantroue by hierdie kinders ontlok, bring Toffee ‘n onmiddellike gevoel van veiligheid, kalmte en onvoorwaardelike aanvaarding. Ons hoor die inspirerende storie hoe Toffee ‘n jong kind in die hofsaal getrou ondersteun het tydens moeilike getuienis teen sy eie pa. Hierdie hartroerende episode wys die diep, genesende band tussen mens en dier.

Kan waterhiasinte in die Hartbeespoortdam vir beesvoer gebruik word?

Het jy al ooit deur ’n venster gekyk en skielik jou eie weerkaatsing én die wêreld daaragter tegelyk gesien?

Kan die waterhiasinte wat Hartbeespoortdam oorgroei nie eerder vir beesvoer gebruik word nie?

Hoe verklaar jy dit: Vensters en waterplante
Kategorie: Hoe verklaar jy dit? 2026-10-18

18 Oktober 2026: Het jy al ooit deur ’n venster gekyk en skielik jou eie weerkaatsing én die wêreld daaragter tegelyk gesien? Kan die waterhiasinte wat Hartbeespoortdam oorgroei nie eerder vir beesvoer gebruik word nie?

 Baie vrae oor ons borgtog stelsel: hoe werk dit, of nie?

Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier?

Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.

Regsake: Borgtog; Nasionale register vir seksuele oorstreders
Kategorie: Regsake 2026-10-19

19 Oktober 2026: Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier? Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.

Raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit

Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.

RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit
Kategorie: RSG Landbou 2026-10-17

17 Oktober 2026: Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.