Spesifieke hartdefek eerste keer in SA herstel sonder chirurgie
RSG NOU
Spesifieke hartdefek eerste keer in SA herstel sonder chirurgie
Vrydag 27 November 2026
In wat as ‘n mediese eerste vir Suid-Afrika beskryf word, het ‘n span by die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap ‘n seldsame aangebore hartafwyking herstel, sonder om die pasiënt se borskas oop te sny. Die span het ‘n spesiaal ontwerpte stent deur ‘n bloedvat in die pasient se lies na sy hart gevoer. Die pasient kon reeds die volgende dag huis toe gaan.
Ons praat met die kardioloog wat die prosedure gelei het, prof. Hellmuth Weich.
In wat as ’n mediese eerste vir Suid-Afrika beskryf word, het ’n span by die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap ’n seldsame aangebore hartafwyking herstel, sonder om die pasiënt se borskas oop te sny. Die span het ’n spesiaal ontwerpte stent deur ’n bloedvat in die pasiënt se lies na sy hart gevoer. Die pasiënt kon reeds die volgende dag huis toe gaan. Ons praat met die kardioloog wat die prosedure gelei het, prof. Hellmuth Weich.
Prof Hellmuth Weich (links) en Dr Arlene Mazaza (regs) metGrant Koopman in die middel.