Is SA se strafregstelsel enigsins doeltreffend met geslagsgeweld? 

Werk Suid-Afrika se strafregstelsel in die praktyk wanneer dit by geslagsgeweld kom?

Luke Lamprecht het sy loopbaan daaraan gewy om kwesbare kinders en slagoffers van mishandeling te beskerm. Met meer as drie dekades se ervaring in die nie-regeringsektor is hy ‘n bekende stem op die gebied van kinderbeskerming en seksuele mishandeling. Hy is tans hoof van die voorspraakafdeling by Women and Men Against Child Abuse en sameroeper van die Johannesburg Child Advocacy Forum. Ons hoor by hom of Suid-Afrika se strafregstelsel in die praktyk werk wanneer dit by geslagsgeweld kom.

Hoe doeltreffend is die strafregstelsel met geslagsgeweld? (Deel 1)
Kategorie: Intussen 2026-11-26

Luke Lamprecht het sy loopbaan daaraan gewy om kwesbare kinders en slagoffers van mishandeling te beskerm. Met meer as drie dekades se ervaring in die nie-regeringsektor is hy ’n bekende stem op die gebied van kinderbeskerming en seksuele mishandeling. Hy is tans hoof van die voorspraakafdeling by Women and Men Against Child Abuse en sameroeper van die Johannesburg Child Advocacy Forum. Ons hoor by hom of Suid-Afrika se strafregstelsel in die praktyk werk wanneer dit by geslagsgeweld kom.

 Baie vrae oor ons borgtog stelsel: hoe werk dit, of nie?

Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier?

Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.

Regsake: Borgtog; Nasionale register vir seksuele oorstreders
Kategorie: Regsake 2026-10-19

19 Oktober 2026: Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier? Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.

Die Wet wat sê die Regter moet uit sy huis

Igna Klynsmith praat oor motorongelukke, en padreëls wat verontagsaam word.

Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor ‘n Wes-Kaapse regter se beweerde onregmatige besetting van eiendom, en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond.

Slimfoontoepassings is luistervinke

Igna Klynsmith bespreek die saak van Daisy de Melker.

Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor ‘n werknemer se onsekerheid oor haar werk onder nuwe bestuur.

Spesialisgas Lizel van Deventer praat oor slimfoontoepassings wat inluister op ons, en hoe dit ons privaatheid skend.
Luister hier na die program.

Só werk AARTO se strafpunte

Igna Klynsmith praat oor AARTO-wetgewing, en verduidelik hoe die strafpuntestelsel werk.

Hy bespreek ook die konstitisionele hofuitspraak oor die lied, Kill the Boer.

Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die beperkings op vrye erflating van bates, en moontlike oplossings.

Luister hier: Regsake 21 Julie 2025

Regsake: Voetganger-eise teen die Padongelukkefonds; botsing weens selfoon-gebruik

Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds.

Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het.

Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.