RESEPTE
Frik se maklike murgpampoenpoffertjies
By:
Frik de Jager
Bestanddele
2 koppies murgpampoentjies, grof gerasper
½ koppie uie, fyngekerf
½ koppie pietersielie, fyngekerf
1 teelepel gedroogde roosmaryn
½ teelepel knoffelpoeier
2 groot eiers, geklits
½ koppie bruismeel
¼ koppie Parmesaankaas
¼ koppie olie, vir braai
sout en swartpeper na smaak
Metode
Plaas die gerasperde murgpampoen in 'n vergietes en strooi 1 teelepel sout daaroor.
Laat dit vir 30 minute, en dan dreineer die vloeistof.
Voeg die uie, pietersielie, roosmaryn en knoffel by.
Roer die eiers by mengsel in, en voeg die kaas, sout en peper by.
Sif die bruismeel by, en roer deur om 'n ligte deeg te vorm.
Verhit olie in ’n pan, en skep een eetlepel van die beslag in die pan en braai tot ligbruin aan beide kante.
Braai res van die beslag.
Bedien warm of koud.