Skip to content

Willie se geurige beesskenkels

RESEPTE

Willie se geurige beesskenkels

Willie se geurige beesskenkels

By: Willie Strauss
Willie se geurige beesskenkels

Bestanddele

1,5 kg beesskenkel
kookolie
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
4 middelslag aartappels, in kwarte gesny
3 groot wortels, in ringe gesny
30 ml tamatiepuree (paste)
30 ml Worcestersous
30 ml blatjang
1 liter water
2 blokkies beesekstrak
3 lourierblare
5 ml paprika
5 ml droë tiemie
5 ml gemengde kruie
sout en swartpeper na smaak

Metode

Verhit die olie in ’n pot.
Geur die beesskenkel met sout en peper, en braai aan albei kante tot goudbruin.
Skep dit uit en hou eenkant.
Voeg die gekapte uie by dieselfde pot en braai tot sag en ligbruin.
Voeg die knoffel en tamatiepuree by, en roer vir nog 1 minuut.
Voeg die Worcestersous, blatjang, beesekstrak-blokkies, water, lourierblare, paprika, tiemie en gemengde kruie by.
Roer goed. skraap die lekker bruin stukkies van die bodem los.
Plaas die beesskenkel terug in die pot.
Plaas die deksel op en laat dit oor lae hitte vir ongeveer 2½ uur stadig kook totdat die vleis amper sag is.
Voeg nog water by indien nodig.
Voeg die aartappels en wortels by.
Laat vir nog ongeveer 40 minute prut totdat die groente én vleis sag is.

Deel nou