RESEPTE
David se kerrieperskeslaai
By:
David van der Merwe
Bestanddele
1 blik (850 g) taaipitperskes, gedreineer (behou stroop)
1 blik (250 g) appelringe
3 ml kerriepoeier
2 uie, opgekap
2 heel naeltjies
5 ml borrie
3 ml koljander
3 ml sout
1 ml rooipeper
250 ml suiker
125 ml wit asyn
30 ml mielieblom
Metode
Meng al die bestanddele behalwe die mielieblom in ’n kastrol.
Bring die mengsel tot kookpunt, en laat dit vir 5 minute prut.
Maak ‘n gladde pasta van mielieblom en perkestroop.
Voeg dit by die mengsel, en laat vir 1 minuut prut.
Roer deeglik.
Laat die slaai afkoel voor opdiening.