Skip to content

Frik se egte Karoo-roosterkoek

RESEPTE

Frik se egte Karoo-roosterkoek

Frik se egte Karoo-roosterkoek

Frik se egte Karoo-roosterkoek

Bestanddele

4 koppies koekmeel
1 pakkie (10 g) kitsgis
5 ml sout
15 ml suiker
30 ml olie of gesmelte botter
2 koppies louwarm water

Metode

Meng die droë bestanddele saam in 'n groot bak.
Voeg die olie of botter en louwarm water by en meng saam tot 'n sagte deeg vorm.
Knie die deeg vir omtrent 10 min tot glad en elasties.
Maak die bak toe met 'n nat lap en laat die deeg rys vir ongeveer 1 uur tot dubbel die grootte.
Knie die deeg af en verdeel in 12 gelyke porsies.
Vorm balletjies en druk liggies plat.
Pak die koekies op 'n skoon braairooster oor matige warm kole.
Braai vir ongeveer 15 min en draai gereeld om sodat altwee kante goudbruin word en hol klink as jy daaraan klop.
Bedien warm met botter, kaas en konfyt.

Deel nou