RESEPTE
Frik se gemarineerde borsstuk met jogurt en kruisement
By:
Frik de Jager
Bestanddele
1 kg beesvleis
Marinade
1 kg gewone yogurt
4 eetlepels suurlemoensap
6 knoffeltoontjies, fyn gekerf
1 koppie gekerfde vars kruisement
2 eetlepels droë oregano
sout en swartpeper na smaak
Metode
Meng die bestanddele van die marinade, en marineer die vleis oornag daarin in 'n lugdigte houer in die yskas.
Plaas dit in 'n oondbak met deksel, en bak teen 180 grade vir 3 ure tot sag
Bedien met geroosterde groente.
Tweede opsie is om vleis in dun repe te sny en saam met 'n slaai in 'n pitabroodjie te bedien.