RESEPTE
Willie se vinnige maalvleismuffins
By:
Willie Strauss
Bestanddele
5 ml Aromat
10 ml gemengde kruie
500 g maalvleis
4 eiers
300 ml melk
25 ml blatjang
30 ml tamatiesous
10 ml Worcestersous
160 ml gesmelte botter
300 ml cheddarkaas, gerasper
300 g bruismeel
Metode
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Klits die eiers.
Voeg die botter by, en klits goed.
Meng die res van die bestanddele by.
Skep die mengsel in die holtes van ‘n muffinpan.
Bak vir ongeveer 25 minute.