Skip to content

Willie se hoendersouttert

RESEPTE

Willie se hoendersouttert

Willie se hoendersouttert

By: Willie Strauss
Willie se hoendersouttert

Bestanddele

4 hoenderborsies, in repies gesny
250 ml gerasperde kaas
4 eiers, geklits
250 ml melk
5 ml sout
5 ml tiemie
5 ml mosterdpoeier
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, gekap
40 ml bruismeel
500 ml rou spinasie, in stukkies gesny
220 g sampioene, opgesny

Metode

Braai die uie tot sag.
Voeg die knoffel en spinasie by, en braai saam.
Meng die melk, eiers, sout, tiemie, bruismeel en mosterdpoeier, en klits baie goed.
Meng alles saam.
Voet in ‘n bakskottel wat goed gespuit is met n kleefwerende sproei.
Bak vir 35 - 40min teen 180 grade Celsius.

Deel nou