RESEPTE
Surita se drielaag-gemmerkoekies
Bestanddele
3 koppies koekmeel
10 ml koeksoda
1 (2,5 ml) knippie sout
1 koppie suiker
200 g botter of margarien
1 teelepel fyn kaneel
200 g versuikerde gemmerstukke, opgekap
3 eetlepels fyn gemmer
1 eetlepel gouestroop
1 eier
5 ml vanieljegeursel of -ekstrak
Ekstra
2 eetlepels suiker, gemeng met 2 teelepels fyn gemmer
Metode
Meng die meel, sout, koeksoda en fyn kaneel.
Voeg die fyngekapte gemmerstukke by.
In ‘n aparte bak, klits die suiker en botter tot lig en romerig.
Voeg die gouestroop, vanielje en eier by, meng goed.
Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele, en meng tot ʼn werkbare deeg.
Laat die deeg vir ongeveer 30 minute rus.
Rol die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak, en druk sirkels uit. Ek het ʼn glas gebruik, wat ek in meel druk voordat ek die sirkels uitdruk. Dit verhoed dat die deeg vassit aan die glas.
Plaas die koekies op ‘n gesmeerde bakplaat, sprinkel die suiker-en-gemmermengsel bo-oor, en bak in ‘n voorverhitte oond teen 160° C vir ongeveer 12 minute.
Die koekies al sag wees wanneer dit uit die oond kom, maar sal effens verhard as dit afkoel.
Bêre die koekies in ‘n lugdigte houer of in ʼn glashouer wat goed seël. Die raklewe is 2 maande.